SAVF kunsuitstalling en wynproe aand

THABAZIMBI – Die SAVF van Thabazimbi hou op 21 Julie ‘n wynproe aand gekombineer met ‘n kunsuitstalling wat deur Annetjie Krige aangebied word.
Die uitstalling begin om ongeveer 10:00 in die NG Kerksaal ten sal tot ongeveer 18:30 duur. Die wynproe sal dan in alle erns begin.
Die uitstalling is gratis maar daar sal kaartjies te koop aangebied word vir die wynproe geleentheid wat ‘n ligte aandete sal insluit. Na afloop van die wynproe gaan ‘n skildery opgeveil word ten bate van liefdadigheid. Daar is slegs 50 kaartjies beskikbaar en belangstellende moet Marieta kontak by 082 926 8594 om teleurstelling te voorkom.