Revolusionêre artritisdieet hou honde aan die gang

Party honde is in die winter ‘n bietjie stywer as gewoonlik, en ‘n algemene wanopvatting is dat dit net weens die koue weer is. Die ware oorsaak is meer waarskynlik artritis, ‘n potensieel verlammende siekte wat gekenmerk word deur inflammasie, pyn en die agteruitgang van gewrigte.
Artritis, wat een uit elke sewe Suid-Afrikaners en honderdmiljoene mense wêreldwyd raak, is ook ‘n ernstige bedreiging vir ons beste vriende. ‘n Geraamde 20% van honde ly aan honde-osteoartritis, wat as die algemeenste oorsaak van chroniese pyn onder honde beskou word.
Simptome sluit in mankheid, styfheid en ‘n onwilligheid om te stap of speel – en talle eienaars skryf dit toe aan die winterkoue en ouderdom en is glad nie daarvan bewus dat die troeteldier onnodig ly nie. Tog is dit beter om die dier so gou as moontlik by ‘n dierearts te kry aangesien vroeë ingryping die siekte kan vertraag én die pyn verlig.
“Toe Flag effens mank begin loop, het ek gedink sy het ‘n spier verrek terwyl sy stokke gejaag het,” vertel Jacques Marais, eienaar van Flag, ‘n agt jaar oue borderdkollie-kruising. “Ek was uit die veld geslaan toe die dierearts artritis in haar rug, knie en heup diagnoseer.”
Tans is daar geen kuur vir osteoartritis nie, maar die toestand kan beheer word met ‘n kombinasie van gewigsbeheer, oefening en pynverligting deur medikasie. En nou is verdere hulp beskikbaar met die bekendstelling van ‘n nuwe baanbreker-hondekos, Hill’s Prescription Diet(r) Canine j/d. Dis wetenskaplik ontwikkel om die simptome en ontwikkeling van honde-osteoartritis te beheer.
“Dis klinies bewys dat Hill’s Prescription Diet(r) Canine j/d binne net 21 dae beweeglikheid verbeter en pyn verlig,” sê dr Guy Fyvie, Hill’s Pet Nutrition se dierekonsultant. “Die voedingstowwe in Canine j/d blokkeer letterlik die gene wat kraakbeenvernietigende ensieme vervaardig en beskerm die gewrigte teen verdere skade. Dié ontwikkeling in voedingstegnologie is baanbrekerswerk – en baie opwindend.”
“Verder verminder die hoë vlakke van omega 3-vetsure in Hill’s Canine j/d inflammasie in die gewrigte en dus die hond se ongemak. Dít kan die behoefte aan anti-inflammatoriese en pynmedikasie uitstel en die dosis op ‘n ‘natuurlike manier’ aansienlik verlaag – tot 25%,” sê Fyvie.
“Omdat die dieet die voedingstowwe bevat wat volgens toetse die uitwerking van artritis voorkom en verlig – waaronder noodsaaklike vetsure, glukosamien en chondroïtiensulfaat – hoef jy glad nie jou hond se dieet aan te vul nie. Canine j/d is dus gerieflik en kostedoeltreffend.”
Dr Eugene Buffa, ‘n spesialis-dierearts van Johannesburg, is ‘n gesaghebbende op die gebied van honde-osteoartritis. Volgens hom is gewigsbeheer ‘n sleutelfaktor in die voorkoming en vermindering van artritispyn. “Omtrent 70% van die honde wat ek vir osteoartritis behandel, is oorgewig as ek hulle sien. Deur bloot gewig te verloor kan ‘n operasie soms voorkom word,” is sy raad.
Die regte oefening is ook noodsaaklik. “Stoot- en ratsheidsoefeninge, selfs net om agterop ‘n bakkie te spring, kan ‘n hond se gewrigte beskadig, veral as hulle oorgewig is of jonger as ‘n jaar oud,” waarsku Buffa. “Swem en stap is die ideale lae-impakoefeninge waardeur die spiere wat die gewrigte ondersteun, versterk word. Terselfdertyd help dit om die hond op sy ideale gewig te hou.”
Vir meer inligting oor honde-osteoartritis kan jy met jou dierearts gesels, die webwerf www.HillsPet.com besoek óf Hill’s Pet Nutrition se tolvrye hulplyn by 0800 228 783 bel.
FEITEKASSIE – Simptome van honde-osteoartritis:
Mankheid; staan moeilik op ná rus, veral in koue weer; seerheid as jy aan hom raak; geswelde gewrigte; raak agter as julle gaan stap, wil nie graag trappe klim nie; verlaagde aktiwiteitsvlakke; gedragsveranderings soos aggressie of onttrekking en ‘n onverklaarbare getjank of gekerm.
As jy dink jou hond ly dalk aan osteoartritis, is dit belangrik om by die dierearts uit te kom vir ‘n professionele ondersoek. Vroeë ingryping kan verdere skade aan die gewrigte help voorkom. Hill’s Prescription Diet(r) Canine j/d is beskikbaar by alle goeie diereklinieke landwyd.