Oud inwoner oorlede

THABAZIMBI – Mnr Hennie Boucher (78), inwoner van Thabazimbi, is Sondag 26 Junie na ‘n kort siekbed oorlede. Oom Hennie was ‘n oud Bloemfonteiner wat die afgelope 10 jaar in Thabazimbi woonagtig was waarvan vier jaar in die Bosveldoord.
Oom Hennie laat sy vyf seuns, een dogter, 18 kleinkinders en ses agterkleinkinders na. Sy begrafnis vind vandag, 1 Julie om 11:00 uit die NG Gemeente Thabazimbi plaas.