Misdaad neem af

THABAZIMBI – Die vlaag misdade wat die afgelope tyd Thabazimbi geteister het, het die laaste twee weke aansienlik afgeneem nadat alle polisie-eenhede intensiewe misdaadvoorkoming gedoen het.
Verlede Donderdag het die polisie toegeslaan op meer as 20 verbode immigrante in die dorp. Die polisie bedank die gemeenskap vir hul hulp en betrokkenheid die afgelope tyd om die misdaad in die dorp te help bekamp.
Geen nuwe huisbrake is vanaf Sondag 19 Junie aangemeld nie.