Go-Banking by Pick ‘n Pay
THABAZIMBI – Pick ‘n Pay Go Banking, ‘n onderafdeling van Nedbank , se Go-Banking rekeninge is nou landwyd by Pick ‘n Pay winkels beskikbaar. Hulle doen sedert 2002 sake en het ver oor die 100 000 kliënte.
Wat hierdie bankdiens so uniek maak, is dat transaksies by enige van die 200 Pick ‘n Pay takke landwyd se 5000 betaalpunte gedoen kan word deur middel van ‘n Go-Banking lopende-, transmissie- of geldmarkrekening.
Hierdie rekeninge kan gebruik word vir aankope, deposito’s, kontantontrekkings en oorplasings en het ook stop- en debietorderfasiliteite. Kliënte het toegang tot die rekening deur middel van Pick ‘n Pay se kasregisters, kitsbanke, selfhelpterminale en telefoniese- en internetbankdienste.
Kliënte kry op die koop toe korting op alle produkte met die “Bank Balance Booster” merk. Hierdie korting word in jou rekening gedoponeer en kan beteken dat jy tussen R100 tot R200 per maand terug ontvang.
Indien jy ‘n salaris van R3000 per maand ontvang of ‘n gereelde inkomste van R1500, kwalifiseer jy vir ‘n Go-rekening. Rekeninge kan ge-open word by enige Pick ‘n Pay tak of via internet.
Met al hierdie wonderlike fasiliteite en lae bankkostes is Go-Banking waarskynlik die toeganklikste bank in Suid-Afrika. Lees volgende week meer oor die voordele van Go-Banking.