Sport

Gholfnuus

THABAZIMBI – Verlede Saterdag was die groot stryd tussen die Kaptein en die Voorsitter. Na ‘n bloedige geveg is dit die Voorsitter en sy span wat die slagveld verlaat met 278 punte teenoor die skamele 268 van die Kaptein. Baie geluk aan die wenners en die waardigheid van die verloorders.
Individuele wenners was André van der Walt met 38 punte, Jakkie van der Wateren en Piet Venter, albei met 37 punte.
Instansies wat al feitlik deel geword het van ons Woensdagmiddag se Sundowner is Boere Slaghuis en Pick ‘n Pay. Nolte Roets is al vir etlike jare die deelborg van die gelukkige vleistrekking. Bernie Gous is die gereelde borg met ‘n koopbewys elke Woensdag. Baie dankie aan hierdie twee instansies. Dan het Louis van die Deegverrassing ‘n instelling geword met die verskaffing van kos met borgdae. Enige ander instansie wat graag by die Gholfklub betrokke wil raak kan gerus van hulle laat hoor.
Die Indiwiduele Putjiespel vorder ook goed en die betrokkenes moet asseblief by die sperdatums hou. Die tweede been van die Eklektiek word weer net deur ‘n paar gewillige lede ondersteun. Daar is nog steeds geleentheid vir van die manne (en dames ook) om hierdie laaste maand aan hierdie been deel te neem.
Baie spelers is nie bewus van die gholfreëls wat ‘n herhaaldelike oortreding van ‘n etiketreël strafbaar maak nie. Die laaste deel van Reël 33-7 lees: “If a Committee considers that a player is guilty of a serious breach of etiquette, it may impose a penalty of disqualification under this rule.”