Entertainment

Gewilde braaivleiskompetisie weer hier

THABAZIMBI – Die Landbouskou se alom bekende en gewilde braaivleiskompetisie vind weer vanjaar, 6 Augustus by die skougronde plaas. Vanjaar is die vleissnit jou eie keuse, maar spitbraai en wors word nie toegelaat nie.
Brood mag vooraf gebak word, maar die bykosse en poeding moet op die perseel gaargemaak word. Inskrywingsvorms is by Thabazimbi Motors en die skougronde beskikbaar.
Moet nie hierdie geleentheid misloop nie. Die Madottas het verlede jaar die res van die spanne uitgedaag om te wys wat vanjaar in hulle steek en die spanne gaan mekaar weer opdreun.