General

Due Gloria skool vernietig in brand

THABAZIMBI – Die Due Gloria skool by die Spitskopplotte is die afgelope naweek vernietig in ‘n brand. Die eienaar van die grond waar die skool gebou is, het Saterdagnag wakker geword en die brand by die skool gewaar.
Hy het dadelik die nooddienste inkennis gestel. Die polisie se forrensiese afdeling was Maandag hier om die oorsaak van die brand vas te stel. ‘n Saak van brandstigting is geopen en word ondersoek.