Entertainment

Bosveldfees begin vandag

ALLDAYS – Die gewilde Bosveldfees begin reeds vandag en eindig more, 2 Julie. Die skoolvakansie is reeds aan die gang en die kinders is uiters verveeld en die Bosveldfees bied ‘n opwindende afleiding vir oud en jonk.
Die wildveiling vind reeds vandag om 11:00 plaas en moet nie misgeloop word nie. ‘n Sterkmankompetisie, gymkana, touch rugby, toutrek, eiergooi, sakresies en nog baie meer is op vandag se vermaaklikheidslys.
Die fietsrykompetisie vind moreoggend om 07:00 plaas. Daar gaan ook ‘n me Bosveldfeeskompetisie, modeparade, bekende sangers en ‘n mampoerkompetisie wees wat alles gaan deel uitmaak van die twee dae se pret.
Saterdagaand word hierdie verrigtinge afgesluit met ‘n dans en kan die koue lywe warm geskoffel word. Moet dit nie misloop nie.