General

Vlakvark fietswedren

THABAZIMBI – Die Vlakvark fietswedren vind weer vanjaar tydens die Landbouskou op 6 Augustus plaas. Afstande is 75-, 35- en 10 kilometers. ‘n Twee kilometer wedren sal vir kinders onder 10 jaar aangebied word.
Die wegspring op die skougronde is 07:30 en die afsnytyd is 12:00. Alle deelnemers wat die roetes voltooi, ontvang medaljes. Deelnemers word gemaan om op ‘n voorspelbare en verantwoordelike wyse te ry en alle verkeersreëls, beamptes en verkeersbeamptes te gehoorsaam.
Alle deelnemers moet ook sorg dat hul fietse padvaardig is en die nodige onderdele saam neem. Daar sal ‘n lei-en-volg-voertuig wees. Die onus rus op elke deelnemer om vertroud te wees met die roete. Die organiseerders neem geen verantwoordelikheid vir enige persoon wat afwyk nie. Kinders onder 10 jaar moet vergesel wees van ‘n ouer of senior persoon.
Vir enige verdere navrae of inskrywingsvorms, kan M Murray gekontak word by 083 431 3241, (014) 777 2227 of die Skoukantoor by (014) 777 1204.