SACRA Kampioenskappe
THABAZIMBI – Die SACRA (South African Combat Rifle Association) Kampioenskappe is vanaf 25 tot 30 April te Kaapstad aangebied. Thabazimbi kommando se span bestaande uit lt kol HD Heine, kapt A Stewardt, ao2 J van Rooyen en kpl K Klopper behaal die volgende prestasies uit ‘n totaal van 46 spanne:
Skildwag: eersteplek – goud (100%), Counter terrorist: vierdeplek (91.3%), Close quarter battle: vyfdeplek (89.1%), 300 m Snap & Rundown: 13de plek (71.7%) en Valplate: 15de uit 62 spanne (75.8%). Hierdie span eindig algeheel sesde met ‘n gemiddeld van 85.6%.
Lt kol Heine is tydens die Wes-Kaap Kampioenskappe op 23 April vir die derde keer gekies vir die Limpopo A-span en verwerf dan ook sy Limpopo Kleure. Japie die Luiperdspan wen twee medaljes en behaal ‘n derdeplek in die spankompetisie.