RiVo toneel hard aan die werk
THABAZIMBI – Die RiVo toneelgroep is hard besig om twee toneelstukke in te oefen. Die komiese eenbedryf, “Skoukoors”, is met die kroningsaand van al die skouskoonhede op 4 Augustus, ook op die program. Nog ‘n moontlike optrede vir einde Augustus word beplan – hou die pers dop.
Die groep van 15 het groot pret met die repetisies en sien baie uit na die optredes. ‘n Vriendelike beroep is op die gemeenskap gedoen om hulle te ondersteun.
Die kostelike vollengte klug, “Piet se tante” is reeds bespreek vir vier optredes: 22 Oktober – Laerskool Van Wykskraal skoolsaal, kontak Anna by (014) 772 3203. 28 Oktober – Laerskool Thabazimbi skoolsaal, kontak Rita by 083 744 8559. 12 November – Pierneefteater, Pretoria, kontak Jopie by 072 460 5568. 26 November – Leeupoort Vakansiedorp, kontak Louise by 082 873 1578.