Entertainment

RiVo toneel en drama nuus

THABAZIMBI – Die RiVo toneelgroep is hard besig om twee toneelstukke in te oefen. Die komiese eenbedryf, “Skoukoors”, is met die kroningsaand van al die skouskoonhede op 4 Augustus, ook op die program. Nog ‘n moontlike optrede vir einde Augustus word beplan.
Die kostelike vollengte klug, “Piet se tante” is reeds bespreek vir vier optredes: 22 Oktober  – Laerskool Van Wykskraal skoolsaal, kontak Anna by (014) 772 3203. 28 Oktober – Laerskool Thabazimbi skoolsaal, kontak Rita by 083 744 8559. 12 November – Pierneefteater, Pretoria, kontak Jopie by 072 460 5568. 26 November – Leeupoort Vakansiedorp, kontak Louise by 082 873 1578.
Die groep van 15 het groot pret met die repetisies en sien baie uit na die optredes. ‘n Vriendelike beroep is op die gemeenskap gedoen om hulle te ondersteun.
Die RiVo dramastudio se outjies is ook hard aan die werk. Van die outjies het aan die onlangse Beeld Pretoria Eisteddfod gaan deelneem – vir heelwat ‘n eerste keer ooit – en skitterend presteer. ‘n Wonderlike drama- en musiekaand word saam met die Musieksentrum beplan vir die laaste kwartaal.
Die klasse word elke Vrydagmiddag in drie sessies in die Gereformeerde Kerksaal aangebied: 14:15 tot 15:15 – Gr R tot Gr 3, 15:15 tot 16:15 – Gr 4 tot Gr 7 en 16:15 tot 17:30 – hoërskool leerlinge en volwassenes. Vir verdere inligting kan Rita gekontak word by 083 744 8559.