Red Yamaha Freestyle Motocross hierdie naweek by Carousel
Diegene wat nog nie die vlieënde waaghalse op hulle motorfietse gesien het nie, kan gerus hierdie Sondag, 26 Junie 2005, ‘n draai by die Carousel gaan maak en kyk hoe hulle letterlik deur die lug vlieg.
Die manne van die Red Yamaha Freestyle Motocross Team met sterre soos Werner “The Flying Dutchman” en Gavin “Mad Cow” Cowley gaan Sondag tydens middagete en weer later die middag met hulle motorfietse allerhande toertjies in die lug uithaal. Die eerste vertoning sal omstereeks 12:30 wees gevolg deur die middagvertoning teen omstreeks 16:00.
Tydens die vertoning spring die motorfietsryers oor ‘n 20m gaping. Die oprit skiet hulle 15m die lug in en dit is op hierdie hoogte wat hulle allerhande waaghalsighede uithaal. Na die toertjie moet hulle boonop stewig terug in die saal wees vir die landing aan die anderkant. Van die toertjies is die “One-handed seat grabs” waar die motorfietsryer met die een hand aan die saal van die motorfiets en met die ander hand aan die stuurstang vashou en met sy lyf parallel langs die motorfiets vlieg. Met die “Cliff Hanger” haak hy sy voete onder die stuurstang in en reik met sy lyf in die lug in bokant die motorfiets uit.
Die span is in Johannesburg gestasioneer en lok duisende mense landwyd na hul vertonings. Vir meer inligting aangaande hierdie span se vertoning en tariewe is u welkom om Kevin Ramsay by Kevin@2one4.co.za te kontak.