Laerskool Thabazimbi leerling presteer

THABAZIMBI – Die Polokwane swemklub het verlede Saterdag 11 Junie hul prysuitdelingsfunksie gehou. Suzanne Janse van Rensburg van Laerskool Thabazimbi is vir drie toekennings genomineer, naamlik: “Beste prestasie op Level 3”,
“Mees gemotiveerde swemmer” en “Meeste punte”.
Suzanne ontvang die “Mees gemotiveerde swemmer” en die “Meeste punte” toekennings. Wat haar prestasie egter merkwaardig maak, is dat sy saam met twee top Limpopo Provinsiale swemmers, Louise Vorster en Leoné Vorster genomineer was. Leoné Vorster verteenwoordig ook tans die huidige Nasionale span.
Suzanne is deur Kobus Janse van Rensburg, ook haar pa, afgerig. Hy het die Progress swimming program met haar gevolg wat ‘n swemprogram is wat gevolg word volgens die vorderingsvlak van elke swemmer. Dié program is wetenskaplik uitgewerk en word aangepas volgens die progressie van elke swemmer. Janse van Rensburg, wat by Hoërskool Frikkie Meyer se swembad afrig, het reeds goeie resultate met hierdie program behaal.
Alle swemmers wat nog wil registreer moet dit voor 30 Junie doen wanneer registrasies sluit. Vir meer inligting kan Kobus Janse van Rensburg gekontak word by 082 777 2538.