Laaste kans vir die 4×4 Familie van die Jaar

Gesinne wat vir die “LA Sport 4×4 Family of the Year” kompetisie , waar ‘n ten volle toegeruste Nissan Hardbody 2.4 4×4 dubbelkajuit saam met ‘n Conqueror veld sleepwaentjie gewen kan word, wil inskryf, het tyd tot die einde van Junie 2005 om dit te doen.
Al die gesinne wat voor einde van Junie 2005 vir die kompetisie ingeskryf het, sal toegelaat word tot die semifinaal wat gedurende die eerste twee weke van Julie te Merrimetsi in die Oos Vrystaat aangebied word. Buiten die fantastiese eerste prys, is daar nog tweede en derde pryse asook spotpryse wat ook op die spel is. Die totale pryswaarde beloop sowat ‘n half miljoen rand.
Gesinne wat nog wil inskryf kan dit doen deur die webwerf www.lasport.co.za  te besoek. Hierdie kompetisie gaan nie oor rowwe terreine nie en is nie net oor 4×4 alleenlik nie, dit is ‘n naweek van pret in die natuur vir die hele gesin en sluit ook ‘n gratis LA Sport 4×4 kursus in.
Die finale rondte vind vanaf 23 September tot 2 Oktober plaas en neem die vorm aan van ‘n onvergeetlike safari deur Botswana en Zambië. Die prysuitdeling sal in Pretoria plaasvind. Kry maar daardie paspoorte by voorbaat reg.
Nog nooit was dit so maklik om pryse te wen nie. Gesinne wat vir jare reeds deur Suid-Afrika toer en uitkamp hoef maar net te doen wat hulle gewoonlik op sulke toere doen en vir die gesinne wat vir die eerste keer vir hierdie tipe kompetisie inskryf kan hope nuwe pret verwag.