Jukskei bestuur verkies

THABAZIMBI – ‘n Vergadering wat na die SA Skolekampioenskappe gehou was met die ouers en juniors van die Noordelike Provinsie Jukskei, is die volgende persone gekies om op die bestuur te dien vir die 2005 seisoen:
Voorsitter: Sois van Zyl (Olifante), Sekretaris: Martiens Vermaak (Mopanie) en Afrigting: Hugo le Grange (Mopanie) en Phillip Schoeman.
Jackie van Vuuren kan gekontak word vir enige navrae ten opsigte van die Junior Jukskei (015) 295 4501 of 084 880 8379. Die volgende ope Jukskeidag is op 9 Julie te Polokwane – die senior burgers se gesinsdag om fondse in te samel. Vir meer inligting of om in te skryf, kan Johan Grobbelaar voor 6 Julie gekontak word by (015) 293 0855 of 083 368 1715.