HFM hokkie presteer
THABAZIMBI – Drie van Hoërskool Frikkie Meyer se hokkiespanne het die afgelope tyd uitstekend gevaar in die Noordwes Provinsiale kwarteindstryd. Die O/14A span wen Klerksdorp Hoërskool in ‘n uitspeel, na hul 1-1 gelyk was teen die einde van die wedstryd.
Die O/15A span wen St Conrads ook in ‘n uitspeel, na ‘n 1-1 eindtelling. Die Blue Chip eerstespan wen 2-0 teen Milner High. Die O/15B span vaar goed in die liga en word as wenners in Rustenburgsone aangewys. Hulle wen die halfeindstryd 1-0 teen Wesvalia Hoërskool, maar verloor ongelukkig in die provinsiale eindstryd 3-0 teen Hoërskool Lichtenburg.
Al drie hierdie spanne dring deur na die halfeindstryd op Woensdag 20 Julie te Potchefstroom.