HFM hokkie presteer

THABAZIMBI – Drie van Hoërskool Frikkie Meyer se hokkiespanne het die afgelope tyd uitstekend gevaar in die Noordwes Provinsiale kwarteindstryd. Die O/14A span wen Klerksdorp Hoërskool in ‘n uitspeel, na hul 1-1 gelyk was teen die einde van die wedstryd.
Die O/15A span wen St Conrads ook in ‘n uitspeel, na ‘n 1-1 eindtelling. Die Blue Chip eerstespan wen 2-0 teen Milner High. Die O/15B span vaar goed in die liga en word as wenners in Rustenburgsone aangewys. Hulle wen die halfeindstryd 1-0 teen Wesvalia Hoërskool, maar verloor ongelukkig in die provinsiale eindstryd 3-0 teen Hoërskool Lichtenburg.
Al drie hierdie spanne dring deur na die halfeindstryd op Woensdag 20 Julie te Potchefstroom.

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.