Blue Chip hokkiespan onoorwonne

THABAZIMBI – Die Blue Chip hokkiespan van Hoërskool Frikkie Meyer presteer hierdie seisoen besonder goed in die liga. Hulle wen al hul wedstryde as volg:
Brits 3-0; Hartbeespoort 2-0; Bergsig 9-0; Rustenburg Ou Hoër 2-0; Grenswag 3-0; Grenville 14-0 en Selly Park 6-0. In die proses teken hulle 39 doele aan sonder om ‘n enkele doel af te staan. Hulle word aangewys as die liga-wenners in die Rustenburgsone wat voorwaar ‘n puik prestasie is.
In die kwarteindstryd in die Noordwes Provinsiale op 15 Junie te Potchefstroom, oorwin hulle Milner High School van Klerksdorp met 2-0. Hulle dring sodoende deur na die halfeindstryd op Woensdag 20 Julie.
Die hokkie organiseerder, Prof Erasmus, sê dat die Blue Chip hokkiespan nie hierdie prestasies sou behaal het sonder Blue Chip Lubricants wat dit help moontlik maak het nie.