“Show Jumping” by die skou

THABAZIMBI – Die ‘show jumping’ wat vanjaar op 6 Augustus by die skou gaan plaasvind, gaan reeds om 09:30 die oggend afskop. Die klasse wat aangebied word is as volg:
Kinders klasse (14 jaar en jonger) – Kinders ‘utility’, Kinders ‘pop event’ 30 tot 40 cm, ‘Welcome stakes’ 40 tot 50 cm, ‘Accumulator’ 60 tot 70 cm en kampioenskappe 80 tot 90cm. Junior/volwasse klasse (14 jaar en ouer) – Junior utility, ‘Welcome stakes’ 50 tot 60 cm, ‘Accumulator 70 tot 90 cm en kampioenskappe 90cm tot 1.1 meter.
Inskrywingsgelde beloop R35 per klas en R10 per nag vir ‘n stal. Die sluitingsdatum vir inskrywing is 25 Julie en vir navrae of inskrywingsvorms kan Christie Herhold gekontak word by 072 512 2349 of Maryna by (014) 772 3288.