General

Vroegtydige waarskuwing deur jou alarm

THABAZIMBI – Die vlaag misdade wat inwoners van Thabazimbi teister, het Thaba Alarms genoodsaak om inligting aan inwoners te verskaf om hul wonings te beveilig. Die grootste motivering is die arrogante houding van die vermeende inbrekers om eiendomme sonder enige geraas te betree terwyl inwoners slaap.
Mnr Gys van der Walt van Thaba Alarms sê dit is noodsaaklik dat huise in Thabazimbi beveilig word deur alarmstelsels aan te bring. Hul basiese alarm sisteem bestaan uit ‘n volledige beheereenheid met battery bystand, sirene en twee ogies wat uitgebrei kan word tot 8 of 32 ogies. Wat hierdie stelsel meer uniek maak, is dat jy ogies kan aanbring wat troeteldier vriendelik is – dit tel nie die beweging van troeteldiere op nie.
Die alarm word met ‘n rekenaar by Thaba Alarms verbind wat elke 48 uur ‘n toetssein van jou radio uitstuur. Dit stel hulle instaat om jou alarm en battery deurentyd te monitor. Indien jy nie tuis is nie, kan Thaba Alarms steeds jou huis monitor vanaf hul stelsel in die beheerkamer.
‘n Sleutelbord vertooneenheid word in die slaaparea aangebring sodat die inwoner onmiddellik kan sien waar in die huis beweging is wanneer die alarm afgaan. Van der Walt maan egter inwoners om in beskermde vertrekke te bly totdat hulp opdaag en dat inbrekers nie gekonfronteer moet word nie.
Wanneer jou alarm afgaan, sal Thaba Alarms die sein in hul beheerkamer ontvang. Ongeag of jy dan jou paniekknoppie druk of nie, sal hulle jou skakel om te bevestig of daar moontlike oortreders teenwoordig is.
Indien Thaba Alarms se reaksie eenheid jou perseel bereik en ‘n positiewe betreding vind, sal die SAPD onmiddellik telefonies of per twee-rigting radio in kennis gestel word.
Daar is ook ‘n addisionele Buite Bewegings Sensor wat ‘n goeie reik afstand het. Hierdie sensor is ook troeteldier vriendelik. Die versekeringsmaatskappye bied ook korting op versekeringspremies aan indien eiendomme met sekuriteitstelsels beveilig word. Thaba Alarms het ook in ‘n onlangse vergadering ‘n afstandsbeheerde kamerastelsel geborg. Hierdie kamera sal van tyd tot tyd in die dorp rondgeskuif word wat gaan help om vermeende misdadigers dop te hou en ook aan die SAPD hulp verleen met spoedige optredes. Vir meer inligting kan Thaba Alarms gekontak word by (014) 777 1058.