Jukskei nuus
THABAZIMBI – Die Jaarvergadering van die Noordelike Provinsie Jukskei Unie het plaasgevind op 11 Junie te Polokwane. Evert Genis het as voorsitter die vergadering gelei wat in ‘n goeie gees plaasgevind het. Die bestuur vir die 2005/2006 is gekies en die volgende persone sal na die belange van die unie omsien:
Ere-president: Fanie Genis (Tarentale), voorsitter: Evert Genis (Tarentale), onder voorsitter: Daan Botha (Steenbok), sekretaris: Bossie Liebenberg (Thabazimbi), tesourier: Johan Grobbelaar (Steenbok) en media skakelbeampte: Martie Nell (Tarentale).
Sertifikate is ook uitgedeel aan die presteerders van die afgelope seisoen.
Mans veteraan speler: Evert Genis – SA Kampioenskappe vir Caltex en Noordstreek span, Veteraan dames: Pop Grobbelaar – SA Uniewinkelspan en sy ontvang haar Springbokkleure en verteenwoordig SA Jukskei in Namibië in Mei.
Senior mans: Jannie Engelbrecht en Petrie Boshoff – SA Kopersbond en silwer medaljes in die dubbels. Senior dame: Elize Bessenger – SA Uniewinkelspan en Noord Streekspan. Admin beampte: Bossie Liebenberg sekretaris Noordelike Provinsie Unie en Martiens Vermaak – Sekretaris Pietersburg Wyksbond en Juniors.
Spandokter Nasionale spanne na Namibië: dr Chris Swanepoel – SA Kopersbondspan en Noord Streekspan.