HFM sportuitslae

THABAZIMBI – HFM se netbalspanne het teen Settlers te staan gekom op 10 Mei met uitslae as volg: O/14A wen 20-5, O/14B wen 12-7, O/15A wen 33-3, O15/B wen 25-4, O/16A wen 29-5, O/17A wen 17-13 en die eerstespan wen 32-13.
Dié spanne speel ook teen Warmbad op 14 Mei met uitslae as volg: O/14A wen 30-19, O/15A wen 34-12, O/15B wen 25-7, O/16A wen 30-5 en die eerstespan wen 24-17.
Die 2de span hokkiespelers het ook op 14 Mei gespeel en teen ISSA te staan gekom in ‘n liga wedstryd en wen 2-0.