General

Vermeende moordenaar kry 15 jaar

THABAZIMBI – ‘n Verdagte wat ‘n vrou na bewering op 30 Oktober 2004 met ‘n mes doodgesteek het, is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis. Die verdagte is reeds verlede jaar deur die ondersoekbeampte, inspekteur Moshampi, in Skilpadnes aangekeer. Die saak het die afgelope Maandag in die Streekshof in Thabazimbi voorgekom.
Na wat berig word, sal die beskuldigde (29), ‘n Mosambiekse burger, die volle termyn van sy vonnis in Suid-Afrika uitdien, waarna hy gedeporteer sal word na Mosambiek.