Eksamenbedrog – man vasgetrek
THABAZIMBI – ‘n Man wat verlede week sy bestuurderslisensie toets geskryf het, is vasgetrek nadat die volledige antwoordstel in sy besit gevind is. Die verkeersbeampte wat toesig gehou het, het onraad vermoed toe die man met sy ID boekie begin vroetel het.
Na wat berig word, is twee van die drie vraestelle wat gebruik word vir die toetsing van bestuurderslisensies, in die man se besit gevind. Die man het die volledige antwoorde van beide dié twee vraestelle in kleinskrif in sy ID boekie versteek.
Die man is reeds gearresteer en inligting is aan die speurders deurgegee. Nog arrestasies word binnekort verwag. Na bewering is dit reeds die derde voorval in Thabazimbi en word hierdie vrae- en antwoordstelle van buite die dorp se grense aan mense voorsien.