General

Bosveld Akademie Redenaars presteer

THABAZIMBI – Bosveld Akademie se twee leerlinge, Eloma Trichardt en Liza-Mari Knoësen, het op Woensdag 25 Mei aan die Noord-Transvaal Streekredenaars kompetisie te Vivo deelgeneem.
Skole wat ook deelgeneem het was van sover as Tzaneen, Nylstroom, Potgietersrus en  Louis Trichardt. Eloma behaal ‘n A (81%) vir haar onderwerp ‘Christelike Volkseie Onderwys is gelyk aan geloof plus kultuur’ en Liza-Mari ‘n B (76%) vir haar onderwerp ‘Afrikaans kook’.
Dit was beide leerlinge se eerste deelname aan ‘n redenaarskompetisie en beoordelaars was baie beïndruk met die navorsing wat hierdie twee leerlinge gedoen het.