Beendere gevind

THABAZIMBI – ‘n Pretrit op die plaas Middeldrift het verlede Saterdag vir ‘n inwoner van Setaria in ‘n nare ondervinding verander nadat hy op menselike beendere afgekom het.
Die volledige beendere was reeds half toegegroei onder gras en na beraming is die persoon reeds tussen agt en tien maande oorlede. Daar is ook ‘n denimbroek, swart en rooi geruite hemp en ‘n blou oorpak baadjie op die toneel gevind.
Die skedel sal na die SAPD se forensiese laboratorium gestuur word waar ‘n rekonstruksie van die gesig gedoen gaan word om die persoon se identiteit te probeer bepaal. Enigiemand met inligting kan inspekteur Pretorius kontak by 084 586 6102.