Melkkan beroof

THABAZIMBI – Die Melkkan is Woensdagaand om ongeveer 20:00 van R990 beroof. Na wat berig word het die verdagte oor die toonbank gespring waarna hy ‘n vuurwapen teen die kassiere se kop gedruk en aangedring het op die kontant in die laaikas.
Die polisie is dringend opsoek na enige inligting wat kan help met die opsporing van die verdagte. Hy is 1,9 meter lank en het ‘n gesigsmasker gedra. ‘n Verdagte wit Volkswagen Golf is kort voor die rooftog voor die Melkkan gewaar. Enigiemand met inligting kan inspekteur Nattie Groenewald kontak by 083 246 1639.