General

Laerskool Thabazimbi presteer met Bybelvasvra

THABAZIMBI – Vier spanne van Laerskool Thabazimbi het op 27 Mei deelgeneem aan die Streeksuitdunne van die Rapportryers Bybelvasvra te Nylstroom. Daar is 22 hoofstukke uit Genesis en Lukas asook vier hoofstukke uit Psalms voorberei.
Laerskool Thabazimbi se leerlinge vaar goed en behaal tweede-, vierde- sesde- en sewendeplekke. Die kompetisie was baie sterk en die eerste- en tweedeplekke eindig met een punt verskil en die eerste- en vierdeplekke met vier punte. Vir die span wat deurgaan na die Provinsiale rondte, naamlik: Maruschka Scott, Clarissa Rossouw, Benieta Visagie en Dané van Jaarsveld, lê daar nou 30 nuwe hoofstukke uit Eksodus, Rut en Lukas voor om te bemeester.
Laerskool Thabazimbi se leerlinge wat aan die Bybelvasvra te Nylstroom gaan deelneem het is Natasha van Tonder, Annere Senekal, Dané van Jaarsveld, Martin Meintjies, Corrie Minnaar, Maruschka Scott, Ané Lategan, Lourens Boshoff, Benieta Visagie, Rinda-Marie Beukman, Arna Liebel, Clarissa Rossouw, Ruani Koekemoer, Carmen Schoeman, Johandré Oosthuizen en Tommie Venter.