HFM sportuitslae
THABAZIMBI – Verlede week se rugby tussen Hoërskool Frikkie Meyer en Ou Hoër kon slegs die tweedespan daarin geslaag om hierdie groot teenstaander te oorwin met ‘n eindtelling van 18-7.
Met die hokkie teen Rustenburg, wen O/15A 1-0 en die Blue Chip eerstespan 2-0. Die O/14A en O/16A spanne speel gelykop.
Met die tennis het Lize de Villiers (O/15) haar afdeling in die Noordwes Streeksproewe gewen. Riaan de Villiers (O/19) eindig tweede.
Die Kickboxing toernooi te Alberton wat verlede naweek plaasgevind het, lewer die volgende uitslae op: Evan Petzer behaal vier eersteplekke in die vier afdelings waaraan hy deelneem. Ockie Coetzee en Jan Carel Coetzee eindig elk met twee tweedeplekke en Jacques Potgieter eindig met twee eersteplekke. Michelle eindig met ‘n eersteplek en ‘n derdeplek.