General

Geliefde vriendin oorlede

THABAZIMBI – Lisa Engelbrecht, ‘n ambisieuse besigheidsvrou en geliefde vriendin, is na ‘n lang siekbed op Dinsdag 10 Mei 2005 oorlede. Almal onthou haar as ‘n assistent by Ansie van Salon Select-a-Style en later as ‘n naelterapeut by ‘n ander skoonheidsalon in Thabazimbi.
Lisa het haar verder bekwaam in naelterapie en het ook haar kennis en dienste beskikbaar gestel in die vorm van klasse wat sy aangebied het vir voornemende dames wat hulle hierin wou rig tot ‘n loopbaan.
Lisa is op 23 Mei deur ds Koos Venter uit die Gereformeerde Kerk Rustenburg begrawe. Sy word oorleef deur haar moeder, seuntjie Leon, grootouers en broer.