General

30 Jaar vir skrikbewind van terreur

Die voorsitter van TLU-SA Noordstreek, mnr Dries Joubert, het in ‘n verklaring gesê dat TLU-SA tevrede is met die uitspraak en vonnis van Bethuel Mulaudzi vir die plaasaanval op mnr Johan de Wilde en sy familie en die moord op die 65 jarige mnr Piet de Jager.
Bethuel Mulaudzi, wat tydens die plaasaanval 18 jaar oud was, en ander, het inwoners van die Levubu gemeenskap geteister. Hulle terrorisasie het groot protes onder die gemeenskap veroorsaak. Dit het daartoe gelei dat sommige lede van die SAPD van die Levubu polisiestasie verwyder is.
Mulaudzi mag saamstem dat Vrydag die 13de nie ‘n goeie dag is nie aangesien hy op dié dag tot 30 jaar tronkstraf gevonnis is. Mnr Herman de Jager, seun van die oorlede mnr Piet de Jager, het gesê dat hy en sy familie tevrede is met die uitslag en die vonnis.