General

Wetenskap Expo by Laerskool Thabazimbi

THABAZIMBI – Die Wetenskap Expo het verlede Woensdag 18 Mei by Laerskool Thabazimbi plaasgevind. Hierdie Expo gee jong wetenskaplikes die geleentheid om in hul verskeie leerareas hul tegnologiese vaardighede ten toon te stel.
Die projekte het gehandel oor ‘n diptoestel, heuningbye, Tsoenamies, insekte, kristalle, elektrisiteit, magnetisme, waterkrag, geotermiesekrag en sement. Die streeksuitdunne vind in Augustus plaas en leerders wat die beoordelaars daar beïndruk, dring deur na die Nasionale Expo wat in Oktober by die Universiteit van Pretoria aangebied word. Leerders se projekte wat hier pryse ontvang, sal oorsee meeding. Me Hantie Voster, Wetenskap en Tegnologie onderwyseres, sê die leerders wat belangstel in die wetenskap en tegnologie kan reeds hul projek vir volgende jaar begin beplan.