Entertainment

Stormloop by Safari Karnaval verwag

GROOT MARICO – Toustaan is deel van die Safari Karnaval op Marico wat op Saterdag, 4 Junie plaasvind. Maar dis toustaan met ‘n beloning – vir die tonne A-graad beesvleis en lamsvleis en die tonne biltong wat mense jaarliks hier in groot maat koop.
Meer as 30 jong osse is die laaste maande gevoer. Verskeie snitte sal vir weggee pryse verhandel word. T-been teen R25 per kilogram, filet teen R38 per kilogram en varkvleis teen R16 per kilogram. Van die baie gewilde Sarel van Staden boerewors gaan meer as ‘n ton verkoop word teen slegs R23 per kilogram. Die slaghuis se deure sal Saterdag om 09:00 open en 3000 sosaties sal ook dié dag gebraai word.
Die wildsbiltongstalletjie het verlede jaar ongekende belangstelling ondervind. Van sover as Pretoria en Johannesburg het mense gery om op Marico koedoe-, gemsbok-, rooibok-, njala- en blouwildebeesbiltong te kom koop. Afgesien van die biltong en droëwors, sal daar ook wildsvleissalami’s te koop aangebied word.
Vir meer inligting kan Boet Nel gekontak word by 083 700 9751 of Hennie van der Linde by 082 896 4707.