Gholfnuus
THABAZIMBI – Plaaslik was daar verlede Saterdag geen amptelike kompetisie by die klub nie. Dit was liga op Mooinooi. Dan was daar ook nog van ons lede wat vir die Veterane gespeel het.
Thabazimbi is weer terug op die wenpad en klop Brits oortuigend. Die Veterane wat teen Mooinooi op hulle baan moes speel het pak gekry.
Sondag het die vier wenners van ons Klubkampioenskappe op Bronkhorstspruit gaan speel. Net Pietie Terblanche kon in die Veterane-afdeling ‘n tweedeplek los speel. Jakkie van der Wateren en Derek Torlage het Sondag ook hier op ons baan die pare Putjiespel beklink deur John-Henry Williams en Rikus de Wet te klop.
Vrydag 27 Mei is dit weer Interaksie. Saterdag 28 Mei is dit die belangrike Sanlam Kankerdag. Lede moet asseblief hierdie twee kompetisies ondersteun. Dan is die tweede been van 2005 se Eklektiek ook reeds aan die gang. Dit is ook ‘n kompetisie wat meer ondersteun kan word. Die Indiwiduele Putjiespel is ook aan die gang. Kyk asseblief op die kennisgewingbord.
Daar is ook ‘n onverstaanbare afname aan die aantal spelers op die Woensdagmiddag se Pick ‘n Pay Sundowner. Dit was op ‘n stadium die bes ondersteunde kompetisie by die klub.
Die nuwe braaiplek is ook feitlik klaar en dan word die betonblad voor die klub ook vergroot. Spelers moet asseblief dan hulle sakke en karretjies teen die muur wat gebou word plaas om die loopspasie voor die ingang te vergemaklik. Hierdie verbeteringe word deur die Klubhuis-komitee, onder leiding van Dr Willem du Plessis gedryf.
Daar is ook ‘n lys by die klub waar lede asseblief ‘n boom kan borg. Ons moet ‘n paar bome vervang waar van die ou Soetdorings die gees gegee het. Ons wil graag ook hier al ons lede se samewerking sien en nie net weer van die paar toegewyde lede nie.
Science Of Sport – Golf
Great Golf Courses Of Southern Africa
Golf: Greatest Ever Moments