General

Dankie vir “Spin-a-Thon”

Langs hierdie weg wil ek graag elke persoon wat deel gehad het aan die suksesvolle “Spin-a-Thon” tydens die Wild en Toerisme Expo op Thabazimbi as ‘n fonds insameling poging vir CANSA van harte bedank.
Lanklaas het ek soveel geesdrif, toewyding en omgee beleef.
Aan die organiseerders en span vrywillige werkers: Baie dankie. Julle het puik gedoen. Ek is oortuig dat Thabazimbi van die fikste mense in die land het en ek dink dat ‘n landwye Spin-a-Thon mag dit dalk bewys.
Die verskillende gimnasiums en hulle eienaars: Julle bereidwilligheid om duur toerusting vir die geleentheid beskikbaar te stel, het by ons as CANSA personeel net waardering en bewondering afgedwing.
Aan die gemeenskap van Thabazimbi, en in besonder die sake ondernemings wat verskillende pryse aan deelnemers beskikbaar gestel het, ook ‘n woord van dank.
Ek vertrou ons kan volgende jaar weer so maak.

Marius van Heerden
CANSA
Bestuurder Waterbergstreek