Tuine benodig wel ‘n wintermaal
Dit is ‘n wanbegrip dat, afgesien van skootjie plantvoedsel vir lentebolle, tuinvoeding gedurende die winter gestaak moet word. Inteendeel, feitlik alle tuinplante baat tweërlei daarby wanneer tuiniers geskikte kunsmisstowwe en plantvoedsels gedurende die winter toedien, vertel Kent Coetzee, tegniese adviseur van Efekto, deskundiges op die gebied van tuinvoeding en plantbeskerming.
“Alhoewel dit grootliks aanvaar word dat die meerderheid binnenshuisplante nie gedurende die winter-rustydperk voeding hoef te kry nie, is dit nie die geval met plante buite in die tuin nie.
“Die handhawing van ‘n deeglik-beplande tuinvoedingsprogram regdeur die herfs en winter sal eerstens verseker dat plante, struike en grasperke die groei van die voorafgaande somerseisoen handhaaf. Tweedens, vul bykomende wintervoeding tekorte aan grondvoedingstowwe aan. Sodoende bou plante ‘n reserwe op wat hulle in staat stel om met die aankoms van die lente onmiddellik nuwe groei aan te moedig.
“Aangesien die meerderheid plante – veral bladwisselende bome en struike, asook sekere meerjarige plante – nie gedurende die herfs en winter nuwe groei moet handhaaf of blomformasie en vrugvorming aanmoedig nie, stoor hulle as ‘t ware die kunsmisvoedingstowwe in hul wortelstelsel. Dit is gelykstaande aan ‘n immuun-versterker vir plante en stel plante in staat om die wintermaande met minder stres te oorleef,” sê Coetzee.
Hy wys daarop dat toediening van kunsmis buite die aktiewe groeiseisoen, aan plante ‘n proaktiewe hupstoot deur middel van makro- en mikro-elemente gee. Sodra die eerste tekens van lente daar is, begin sulke plante onmiddellik die opgegaarde voedingstowwe benut. Teen die tyd dat ander tuiniers hul gebruiklike lente-kuur van kunsmis ryk aan stikstof en kalium toedien, is die vooraf-bemeste plante reeds midde-in hul nuwe groeifase.
Efekto Wonder Organiese Kunsmis is ideaal vir toediening in die herfs en winter. Dit is ‘n kombinasie kunsmis-grondkondisioneerder en bestaan uit reukvrye, onkruidvrye gekomposteerde hoendermis met al die nodige voedingstowwe in natuurlike formaat.
Benewens dat dit die kondisie van die grond aansienlik verbeter (veral in gevalle waar reën van die bogrond weggespoel het), voorsien dit die nodige voedingstowwe vir welige groei en kan dit heeljaar deur toegedien word.
Winter- en lentebolle sal ‘n uitsonderlike vertoning lewer indien hulle voldoende en gepaste voeding ontvang. Begin met ‘n aanvanklike toediening Efekto Shake-‘n-Grow Spesiale Kunsmis Regnr K 2325 (Wet 36/1947), ‘n poeier-tipe kunsmis met stadige stikstofvrystelling en noodsaaklike voedingstowwe vir plante. Vul aan met weeklikse toedienings Efekto Supranure Plus 3:2:1 (22) Regnr K 2342 (Wet 36/1947) as blaarvoeding. Hierdie meerdoelige vloeibare plantvoedselkonsentraat bevat ‘n groeistimulant en mikro-voedingstowwe.
Om die plantvoedingsprogram mee af te rond, dien Efekto Plant Booster Tonic toe. Hierdie volkome natuurlike planttonikum bevat see-alge en kruie-ekstrakte en daar is bewys dat dit aansienlik tot die optimale inname van voedingstowwe en algehele plantontwikkeling bydra. Dit word vooraf met water gemeng en as grondtoediening gebruik.
In die winter kan geen tuinier sonder Efekto Kalkswael Regnr L 4230 (Wet 36/1947) klaarkom nie. Alhoewel dit hoofsaaklik op roos- en vrugtebome gespuit word nadat hulle gesnoei is, is hierdie standaard insek-en-swamdoder ‘n staatmaker wanneer dit by bladwisselende struike kom. Spuit dit op kaal takke om van dopluisinsekte, swamsiektespore en ander oorwinterende insekte of insekeiers ontslae te raak. Spuit slegs op kaal takke, aangesien kalkswael loof en botsels mag beskadig.
Vir bykomende inligting oor wintertuinbou en raad met plantbeskerming of tuinvoeding, besoek die webtuiste www.efekto.co.za of skakel Pretoria (012) 842 0200.