Oud HFM leerling na Wêreldspele
THABAZIMBI – Elizna Kotze (Strydom), ‘n voormalige leerling van Hoërskool Frikkie Meyer, is een van slegs 15 polisielede uit Suid-Afrika wat in Junie- maand aan die Polisie- en Brandweer Wêreldspele in Kanada gaan deelneem.
Elizna (33) is ‘n lid van die ondersteuningsdiens van Polokwane (Pietersburg) se Misdaadvoorkomingseenheid en beoefen haar geliefde sport sedert haar laerskooldae. Sy het vir vier items gekwalifiseer, naamlik: die 1500m, die 5000m, 4km landloop en die half marathon (21 km). Elizna “verslaaf aan draf” sê dit is een van die beste maniere om van stres ontslae te raak.
Die Suid-Afrikaanse span vertrek op 22 Junie. Fransie, van Die Klerekas, was so gaaf om Elizna te borg met ‘n windjak en sweetpak. Die sweetpak wat die SAPD uitgereik het, is myle te groot.