Gholfnuus
Verlede Saterdag was dit weer die maandelikse Slagspel. ‘n Paar manne kon egter nie Slagspel speel nie, want hulle moes deelneem aan die eerste rondte van die Indiwiduele Putjiespel.
Die wenners van die Slagspel was Pietie Terblanche (69), Jannie van Graan (70), Jaco Prinsloo en Rikus de Wet (71). Met die Putjiespel was al die wedstryde maar redelik taai. Die manne wat deur is se name is reeds op die lys. Jannie van Graan wen weereens die gelukkige lede-trekking.
Verlede Woensdag se Pick ‘n Pay Sundowner was vir Willem du Plessis ‘n goeie middag. Hy wen die spel met 21 punte en ook die skaapboud trekking. Lede moet asseblief ‘n punt daarvan maak om gereeld die kennisgewingbord te lees. Lede kla dikwels dat hulle nie op hoogte is van sekere gebeure nie, terwyl dit dan reeds vir ‘n geruime tyd op die kennisgewingbord aangedui is.
Met die volgende rondtes van die putjiespel moet die lid wie se naam eerste is van die paar wat moet uitspeel, die verantwoordelikheid neem om die nodige reëlings te tref. Die komitee gaan nie u wedstryde reël nie. Die sperdatums sal vroegtydig op wees.
Die manne wat Saterdag, 21 Mei liga gaan speel op Mooinooi is Dennis Dreyer, Toppie Olivier, Piet Venter, Jakkie van der Wateren, Jannie van Graan, Riaan Vorster, Derek Torlage en Jannie van der Wateren. Sterkte aan die manne.
Die eerste been van die Eklektiek is afgehandel. Pietie Terblanche en Nico van der Westhuizen deel die eerste plek met Jakkie van der Wateren in die derde plek. Die tweede been is dan ook reeds aan die gang en lede moet asseblief almal inskryf.
Vrydag, 27 Mei is dit weer Interaksie Gholf. Ook hierdie informasie en uitslae is op die kennisgewingbord. Saterdag, 28 Mei is dit die Sanlam Kanker kompetisie. Dit word in drie afdelings gespeel en die opbrengs gaan vir ‘n goeie doel. Lede behoort ‘n morele verpligting te voel om aan die dag se verrigtinge deel te neem.
Sondag, 22 Mei speel die wenners van die verskillende afdelings van die klubkampioenskappe op Bronkhorstspruit in die Kampioen van Kampioene kompetisie. Jaco Prinsloo (Afdeling A), Johan Prinsloo (Afdeling B), Willem du Plessis (Afdeling C) en Pietie Terblanche (Veterane) was die wenners.
Science Of Sport – Golf
Great Golf Courses Of Southern Africa
Golf: Greatest Ever Moments