Baba- en Kleuterkompetisie by Landbouskou
THABAZIMBI – Die Baba- en Kleuterkompetisie wat vanjaar deur Kodak aangebied word, sal by die Landbouskou op Saterdag, 6 Augustus by die hoofarena plaasvind. Ouderdomsgroepe en afdelings is as volg ingedeel:
Afdeling A – babas 0 tot 3 maande en Afdeling B – babas 3 tot 6 maande. Afdeling A en B se babas sal saam in ‘n afdeling meeding. Afdeling C – babas 6 tot 12 maande, Afdeling D – babas 12 tot 24 maande, Afdeling E – babas 24 tot 36 maande, Afdeling F – kleuters 36 tot 48 maande en Afdeling G – kleuters 4 tot 6 jaar. Afdeling C tot G se babas en kleuters sal in dogters- en seunsafdelings onderskeidelik meeding.
Maak seker dat jou kind vir die regte ouderdomsgroep ingeskryf word, aangesien hy of sy gediskwalifiseer word indien die inskrywing foutief is. Inskrywingsvorms sal by Kodak Thabazimbi beskikbaar wees. Foto’s vir die inskrywings moet by Kodak geneem word en ouers sal die foto’s weer terug ontvang ná die kompetisie. Geen ander foto’s sal aanvaar word nie. Inskrywings sal op 15 Junie 2005 sluit.
Die finaliste sal in Die Kwêvoël gepubliseer word en wenners sal Saterdag, 6 Augustus hul pryse tydens die prysuitdeling by die hoofarena ontvang. Wenners sal ook in Die Kwêvoël gepubliseer word.
Daar gaan weer vanjaar baie pryse op die spel wees met onder andere koopbewyse van Kodak en Edgars, trofeë wat oorhandig gaan word en nog vele meer.