Sport

Vier medaljes vir B&C jukskeispelers

THABAZIMBI – Die B&C Jukskei toernooi wat plaasgevind het te Kroonstad, 2 tot 6 Mei, het op ‘n goeie noot geëindig nadat vier van Noordelike Provinsie se spanne medaljes ontvang het.
Sewe spanne het deelgeneem in vier verskillende afdelings en 14 unies van oor die land, asook Namibië het meegeding. Die volgende spanne het medaljes ontvang:
Dames 1 – silwer en Dames 2 – brons. Veterane 1 – silwer en Mans C 1 – brons.
Tien spelers was gekies vir die proewe en twee spelers, Willie du Preez (Dames bo 60) en Deon Gerber (Mans C) het vyf bestes gekry. Baby Dormehl (Dames bo 60) en Nis Kotze (Veterane) het die Presidentspan gehaal. Posisies in die verskillende afdelings is as volg:
Mans C – 7de plek, Mans Veterane – 3de plek en Dames 5 – 2de plek. Groottotaal – 3de plek.
Op Saterdag, 28 Mei bied Naboompark ‘n Ope Jukskeidag aan. Vir navrae of inskrywings kan Alice Pienaar gekontak word by (014) 743 2298 of Pieter Fourie by (014) 743 0421 of 072 1591 902.