Sport

Thabazimbi Rugby steeds op koers

Jan Engelbrecht

THABAZIMBI – Thabazimbi Rugbyklub is steeds op koers en het Vrydag Nylstroom op Thaba Park ‘n goeie pakslae gegee. Nylstroom het moedig probeer en halftyd het hulle slegs met ‘n enkele punt agtergeloop.
Nadat Thaba se manne egter lemoene geëet het was daar geen keer aan hulle nie en hulle het Nylstroom se manne stukkend gehardloop. Tydens hierdie proses het hulle agt drieë vir die wedstryd gedruk wat hulle met 49 punte teen 14 laat wen het.
Een speler wat week na week in die eerstespan uitblink is die slot Ewert van Zyl. Die man het net nie einde nie en is goud werd vir sy span. Nog ‘n speler wat genoem kan word is Jeremy Fernandes wat op losskakel week na week kook. Hierdie jong speler was verlede jaar nog op die skoolbanke en daar wag beslis ‘n blink toekoms op hom in rugby.
Puntemakers aan Thaba se kant met drieë was Eric Mdyogolo, James
Engelbrecht, Ewert van Zyl, Kobus Baard, Hannes de Villiers, Nico du Plessis en Kobus Oosthuizen met twee drieë. Jeremy Fernandes slaag met een straf- en drie doelskoppe.
Die tweedespan het klippe gekou en een van hulle moeilikste wedstryde
van die seisoen gehad. Nylstroom het ‘n paar spelers bygekry wat
definitief hulle tweedespan versterk het. Thaba het wel met 17 punte teen nul gewen, maar die wedstryd eers aan die einde beklink met twee
drieë. Puntemakers aan Thaba se kant met drieë was Reginald Zannindaba en Brian Mali met twee drieë. Cobus Snyman slaag met ‘n doelskop.
Hierdie Saterdag, 14 Mei, speel Thaba teen Marble Hall wat van volgende jaar af in die Waterbergliga sal deelneem.