SA Saalperd Kampioenskappe
SWARTKLIP – Drie van Laerskool Platina se leerlinge is gekies om aan die SA Saalperd Kampioenskappe deel te neem wat gehou is in Bloemfontein op 25 tot 30 April.
Tydens die kompetisie het Meliska Uÿs die volgende plekke behaal in die Ruiterkuns afdeling: ‘n tweede plek vir plesierperd ruiter tien jaar en onder, sesde plek plesierperd tien en onder en vierde plek ruiter tien jaar en onder en in die Perdeklas behaal sy ‘n tweede plek vir Ryperd ruiter tien jaar en onder. Meliska het vir die tweede agtereenvolgende jaar haar provinsiale kleure ontvang. Dit word aan haar oorhandig op 27 Mei in Pretoria. Carmen Uÿs het ‘n sewende plek behaal vir Ryperd ruiter agt jaar en onder en ‘n derde plek vir Ruiter agt jaar en onder. Albei word deur Adelé en Johann Uÿs van die Melcaru Stalle te Swartklip afgerig. Johann Uÿs het ‘n agtste plek in die Driegang amateur klas behaal. Zelmarie Pienaar het ‘n sewende plek behaal vir Ruiter 12 jaar en onder en ‘n agtste plek vir Ryperd ruiter 12 jaar en onder.