Plaaslike tennisster by ITF kampioenskappe
THABAZIMBI – Die plaaslike tennisspeler, Michael White, het deel uitgemaak van die ITF (International Tennis Federation) span, wat van 27 Maart tot 8 April in Perth, Australië gaan deelneem het.
Daar was 30 Suid-Afrikaanse deelnemers in die ouderdomsgroepe, 35-, 40-, 45- en 50 jaar. White (10de gekeurde) het in die 35 jaar ouderdomsgroep deelgeneem en wen die Duitser, Frank Potthoff (sewende gekeurde). White kom in die kwarteindrondte te staan teen Chris Wilkinson (eerste gekeurde) van Engeland. Wilkinson was al die wenner van die Davis beker en het ook by geleentheid vir Mats Wilander in die stof laat byt. White verloor teen Wilkinson.
White se spanmaats, Johan Pretorius (Potgietersrus) en Jean Bekker (Pretoria), eindig in die dubbels sewende uit 13 spanne nadat hulle Japan en Switserland gewen het. Die Suid-Afrikaner, René Plant (Johannesburg) tree as algehele wenner uit in haar ouderdomsgroep van 40 jaar.