Oud inwoner oorlede

THABAZIMBI – Die oud inwoner, oom Danie Robbertse (79), is op 27 April in ‘n versorgingsoord in Pretoria na ‘n trombose aanval oorlede. Oom Danie wat op 2 Julie 1925 gebore is, was die jongste kleinseun van die bekende grootwildjagter, Jan-Harm Robbertse, soos omskryf in boeke soos “Jan Robbertse, die grootwild jagter”.
Hy het sy hoërskoolloopbaan op Swartruggens begin. Sy hart was egter in die Bosveld en in die boerdery. Oom Danie se pa het vir hom 40 verse en ‘n bul gegee en gesê hy moet gaan boer.
Sedertdien het oom Danie hom in Thabazimbi gevestig en geboer. Sy vrou, tannie Susan, is verlede jaar op 2 Oktober oorlede. Hy laat sy twee seuns, Kruger en Kobus, beide boere van Thabazimbi, en vyf kleinkinders na.