Oud HFM leerling in Springbok O/21 rugbyspan

THABAZIMBI – Die oud Hoërskool Frikkie Meyer leerling, Cliff Milton (20) is vir die tweede agtereenvolgende jaar vir die SA O/21 rugbyspan gekies. Cliff is die seun van Jimmy en Magda Milton. Cliff was in Laerskool Thabazimbi waarna hy sy hoërskoolloopbaan by HFM begin het. Hy is egter in Gr 10 na Affies in Pretoria.
Die O/21 span speel vanaf 9 tot 25 Junie in Argentinië in die wêreldbekertoernooi. Die SA span bestaan uit 26 spelers en sal reeds einde Mei in die Kaap bymekaar kom vir ‘n oefenkamp en vandaar vertrek hulle na Argentinië. Cliff, wat as slot uitdraf, is tans by die Blou Bulle gekontrakteer en is in die Vodacom groep ingesluit.