Sport

Marathon nuus

THABAZIMBI – Die Bosveld Midas Thabazimbi Marathonklub se lede het op 7 Mei die eerste aanbieding van die Hardekool 3-in-1 wedloop te Lephalale bygewoon. Die lede het die wedloop baie geniet en almal het ‘n goue medalje verwerf. Die afstande en uitslae is as volg:
10 Kilometer – Johan en Ian Pienaar met ‘n tyd van 01:34 en Louis en Renthia  la Grange ook met ‘n tyd van 01:34. 30 Kilometer – Luzaan Combrink met ‘n tyd van 02:58 en Wilma Pienaar en Barend Schlebusch elk met ‘n tyd van 03:19. 60 Kilometer – Zanie Janse van Rensburg met ‘n tyd van 05:21 en Gerrie Raubenheimer met ‘n tyd van 06:08.
Die lede wat die 60 kilometer afstand gehardloop het, het dit gebruik as hulle finale langafstand voor hulle die Comrades marathon in Junie gaan aanpak.