Landbou ekonomiese sake
Die voorsitter van TLU-SA Noordstreek, mnr Dries Joubert het aangekondig dat TLU-SA se bestuurder, Ekonomiese sake, op 19 April die nasionale werkswinkel met betrekking tot “Wetlands and Agriculture” bygewoon het en dat sake op 22 April met ekonome (prof Koos de la Rey en mnr Adam Jacobs) beraadslaag is ten einde beplanning te doen met betrekking tot moontlike alternatiewe om boere ekonomies te bemagtig en op hul grond te hou.
Na aanleiding van veranderinge by Eskom en die uitfasering van Agrelek, het die Ekonomiese lessenaar op 25 April met senior Eskom verteenwoordigers vergader om die hantering van probleme (rekeninge en eise) uit te klaar. Joubert het DLU kantore en BV sekretaresses versoek om hulle vergaderdatums aan Eskom te voorsien aangesien Eskom graag meer effektief by gemelde vergaderings betrokke wil wees.
Hierdie datums sluit ook skoue en boeredae in. Joubert het alle DLU en BV voorsitters gevra om seker te maak dat Eskom verteenwoordigers gereeld na vergaderings uitgenooi word. Hy het gesê dit is ‘n effektiewe manier om probleme op te los. Joubert het ook lede uitgenooi om die streekkantoor te skakel indien hulle verdere inligting verlang.