HFM netbal uitslae
THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer se netbalspelers het verlede week, 5 Mei teen Nylstroom te staan gekom in die eerste van die Liga wedstryde. Die uitslae is as volg:
HFM se tweedespan wen 38-4, die O/17A span speel ook teen die tweedespan en verloor 9-12.
HFM se O/16A span wen 32-13, die O/16B span wen 22-4, die O/15A span wen 31-12, die O/15B span wen 20-8, die O/14A span 46-7 wen en die O/14B span verloor 9-11.
Frikkies teken in totaal 207 doele vir die dag aan en Nylstroom 71 doele.