Ellisras matrieks hou reünie

ELLISRAS – Die matrieks van 1984 hou reünie. Kom kuier lekker saam. Daar is reeds ‘n lapa geboek én betaal vir 10 September 2005 en almal kry mekaar by Klein Kariba, Nylstroom se ontvangs om 10:00.
Elkeen bring wat hy wil braai, eet en drink en die wat wil oorslaap, kan hul besprekings by Klein Kariba doen by (014) 736 9800 x1, met verwysing – reünie, matriek ’84, Susca Watts. Vir meer inligting kan Susca Watts gekontak word by (012) 361 2156, faks by (012) 361 9321, e-pos by suscawatts@mrssouthafrica.co.za.